Algemeen | English | Artikels | Dienste | Die veeartse | Skakels | Kontak ons

Voeding en dieet van volwasse marmoset-ape


Dr T van Egdom BVSc


In die natuur vreet marmoset-apies meestal insekte, maar sal ook dinge soos slakke, spinnekoppe, paddas, akkedisse en geitjies eet.  Verder eet hulle ook 'n verskeidenheid van vrugte, blomme, nektar, blare en sekere nie-giftige boomgomme.  Die apies moet bo-op platvorms gevoer word, aangesien hulle daarvan hou om in bome te sit en eet.


Die kosplatvorms moet ver bo die grond wees, aangesien die apies nie van die grond af sal eet nie.  As daar meer as 2 apies in 'n hok is moet daar meer as een platvorm wees, aangesien die dominante aap die ander sal weghou van die kos as daar te min eetplek is.

In gevangenisskap moet 'n groot verskeidenheid kosse aan hierdie apies gevoer word. Die dieet moet hoog in proteiene wees en ook uit 'n groot verskeidenheid bestaan. Handgrootgemaakte apies kan baie vinnig "verslaafdes" word, in die sin dat hulle net baba pap wil eet met katastrofiese gevolge vir hulle gesondheid.

Die verskeidenheid kosse wat gevoer moet word sluit in:  gekookte vleis en vis, alle vrugte en enige groente ( gaar of rou), lewendige insekte ( meelwurms, krieke, sprinkane en motte).  Vir afwisseling kan 'n seleksie van neute, jogurt, volgraan brood, gekookte eiers, en katkos ó IAMS ó by die dieet gevoeg word soos dit beskikbaar is.

Daar is klaar gebalanseerde kosse vir ape op die mark , maar dit kan net gebruik word as deel van die dieet en nie as 'n volledige dieet nie.  Baie van die kosse is nie lekker vir die apies nie en word nie maklik geŽet nie.   Marmoset-apies het ook baie meer energie nodig as ander nie-mens primate.

Vars, skoon, koel water moet te alle tye beskikbaar wees.  Vrugtesappe kan ook as deel van die dieet gegee word, daar moet net daarop gelet word dat die sappe nie te veel suur bevat nie aangesien dit die uriene te suur kan maak.   Troetelapies moet twee keer dag gevoer word en tussendeur moet daar altyd nie-bederfbare kosse teenwoordig wees.

Die heel belangrikste is dat hulle 'n goed gebalanseerde dieet moet eet en nie net moet eet waarvan hulle hou nie, maar wat vir hulle goed is.   "Junk food" is vir seker uit!!


Handige wenke met kosse: