Placeholder Picture

Bergbos

Placeholder Picture

Bergbos 

Placeholder Picture

Bergbos

Hoofblad | English | Artikels | Die veeartse | Skakels | Kontak ons

Bergbos Dierekliniek se deure is geopen op 4 Oktober 2012. Die kliniek het begin as 'n takkliniek van Protea Dierekliniek en is geleŽ in Bergboslaan 1, Rustenburg in die Noordwesprovinsie. Die kliniek is geopen aangesien Rustenburg uit sy nate gebars het die voorafgaande paar jaar en die infrastruktuur by Protea Dierekliniek nie meer kon byhou met die verhoogde aantal pasiŽnte nie. Die kliniek is gunstig geleŽ en is maklik bereikbaar vanaf die N4 (Helen Josephafrit) asook vanaf die Waterfall Mall (via Cuckoolaan of Helen Josephrylaan oor die berg). Vanaf Desember 2015 word alle kliniese werk slegs by Bergbos Dierekliniek aangesien Protea Dierekliniek moes sluit.

Ons wil probeer om alle konsultasies by Bergbos Dierekliniek per afspraak te hanteer, maar uit die aard van die saak is u welkom om met noodgevalle daar aan te klop. Dit is egter steeds raadsaam om eers te skakel voordat u soontoe ry. Drr Grobler, Sparks, van Rooyen en du Plessis is diens by Bergbos Dierekliniek, maar as u iemand spesifiek wil sien, moet u net eers skakel om uit te vind of diť persoon beskikbaar is.

Die ontvangsarea

Die veeartse by Bergbos Dierekliniek streef daarna om u en u troeteldier asook boere met vee na die beste van hul vermoŽ te bedien met kundigheid. Indien ons u nie kan help nie, is daar verskeie spesialishospitale waarheen ons u kan verwys vir pasiŽntsorg van die hoogste gehalte.

Spreekkamer nommer twee

Met verdrag beplan ons om uit te brei om uiteindelik 'n aparte teater en hondehokeenheid aan die agterkant van die huidige gebou tot ons beskikking te hÍ.

Die laboratorium

Indien u enige navrae, kommentaar of voorstelle het is u welkom om ons te kontak. Ons sien uit daarna om u van diens te wees!

Die operasieteater