Placeholder Picture

Bergbos

Placeholder Picture

Bergbos 

Placeholder Picture

Bergbos

Hoofblad | English | Artikels | Die veeartse | Skakels | Kontak ons

Ons veeartse

Die veeartse van Bergbos Dierekliniek het oor die 75 jaar se ondervinding gesamentlik! Hier volg 'n kort beskrywing van elkeen se loopbaan:



Kobus Grobler kom oorspronklik van Pretoria en het in 1987 sy graad verwerf. Hy is getroud met Magda en het twee dogters, 'n seun en twee kleindogters. Na twee jaar diensplig op Mogwase het hy vir sewe maande in Kemptonpark in 'n kleindierkliniek gewerk. In September 1990 het hy by Protea Dierekliniek, die moederkliniek van Bergbos Dierekliniek, begin. Hy stel baie belang in chirurgie, veral in kleindiere. Hy is baie geďnteresseer in Skeppingsleer en is die outeur van 'n webblad daaroor. Hy het ook hierdie webblad ontwerp en is verantwoordelik vir die instandhouding daarvan.



Komende van Middelburg het Newton Sparks in 1993 sy studies voltooi. Hy en Karlien het 'n seun en 'n dogter. Newton hou baie daarvan om met wild te werk en geniet ook kleindierchirurgie. Hy het in 1994 in Rustenburg begin en is die 'argitek' agter Bergbos Dierekliniek. Sy stokperdjies sluit in vlieghengel, groei van broodbome, seil en stap.



Dr Allan Hislop het buite Johannesburg opgegroei en in 1994 as veearts gekwalifiseer. Hy is baie lief vir die natuur en die buitelewe. Hy is al vanaf 2018 by ons werksaam en geniet dit om met honde, katte, perde en wild te werk.



Dr Maike Engelbrecht het in Kroondal opgegroei. Nadat sy haar studies op Onderstepoort voltooi het, het sy haar gemeenskapsjaar in Kuruman gedoen. Daarna het sy vir vier jaar by Howick Dierepraktyk gewerk as produksiedierveearts. Sy het op 1 Februarie 2021 by ons aangesluit. Sy geniet die buitelewe, swem, stap en tennis.