Hoofblad | English | Artikels | Die veeartse | Skakels | Kontak ons

SLENKDALKOORS

Dr W J Grobler BVSc


  1. INLEIDING
  2. OORSAAK
  3. SIMPTOME
  4. BEHANDELING
  5. VOORKOMING
  6. SLENKDALKOORS IN DIE NUUS
  7. NUTTIGE SKAKELS

1. INLEIDING

Die voorlaaste groot uitbraak van Slenkdalkoors in Suid-Afrika was in 1974. Gedurende 2008 en 2009 het geÔsoleerde gevalle in die land voorgekom, maar dit is eers na die goeie reŽns van Januarie en Februarie 2010 dat die laaste uitbraak ontwikkel het.


2. OORSAAK

Slenkdalkoors word veroorsaak deur 'n virus wat deur muskiete aan beeste en skape oorgedra word. Die siekte kom tipies na goeie reŽnjare voor en veroorsaak dikwels grootskaalse vrektes, veral onder jong diere. Die siekte tas mense ook aan, maar word aan mense oorgedra deur kontak met siek diere of vars karkasse en nie deur muskietbyte nie.



3. SIMPTOME

In jong diere word akute vrekte waargeneem. Siek diere wys buikpyn, geelsug en soms diarree. 'n Baie hoŽ koors wat min op koorswerende middels reageer is ook tipies (41-42 grade C). Aborsie is 'n verdere komplikasie wat baie algemeen voorkom: die fetusse is gewoonlik in 'n gevorderde staat van ontbinding.

Met nadoodse ondersoek word klein bloedinkies regdeur die lewer gevind. Bloedings is ook kenmerkend in die galblaas, onder die vel en in die dermkanaal. Uiterste sorg moet gedra word met die oopsny van veral vars karkasse en dit moet liefs aan professionele persone oorgelaat word gesien in die lig van die potensiŽle erns van menslike infeksies en die feit dat die siekte aanmeldbaar is! Die foto's hieronder word met vergunning van die Dept Landbou, Bosbou en Visserye geplaas.

Let op die bloeding in die wand van die galblaas

Erge bloedings onder die vel van die agterpoot

Tipiese bloedings op die grootpenswand

By mense word griepsimtome ervaar wat in die meeste gevalle lig van aard is. Daar is egter drie komplikasies wat kan voorkom:


4. BEHANDELING

Daar ons hier met Ďn virussiekte te doen het, is daar geen spesifieke behandeling nie. Siek diere moet so min moontlik hanteer word om oordrag na die mens te voorkom. Sorg moet veral gedra word wanneer nadoodse ondersoeke op vars karkasmateriaal gedoen word. Koorswerende middels mag wel help om minder ernstige gevalle vroeŽr aan die vreet te kry.


5. VOORKOMING

Daar is drie entstowwe beskikbaar vanaf Onderstepoort Biologiese Produkte. Die lewendige Slenkdalkoorsentstof word normaalweg aan skape toegedien. Aangesien die entstof aborsies mag veroorsaak, word dit nie aan dragtige diere toegedien nie. Die geÔnaktiveerde entstof word gewoonlik in beeste en dragtige skape gebruik. Dit gee egter nie so 'n goeie immuunrespons soos die lewendige entstof nie en moet derhalwe jaarliks herhaal word. Met die uitbraak van Maart 2010 is daar egter 'n geweldige aanvraag na die geÔnaktiveerde entstof en word al die beskikbare dosisse aangewend in die areas deur die uitbraak geraak. Die nuutste entstof word Clone 13 genoem en is 'n lewende entstof wat volgens Onderstepoort veilig is in dragtige diere.

Dit is belangrik om diere weg te hou van panne en vleie om blootstelling aan die muskiete te verhoed. Vliegwerende dipstowwe soos diť wat deltametrien en sipermetrien bevat kan gebruik word om muskiete van die diere te weer.

Slenkdalkoors is 'n aanmeldbare siekte wat beteken dat alle verdagte gevalle by die naaste veearts of staatsveearts aangemeld moet word. Indien almal saamwerk, kan die uitbraak tot die minimum beperk word deur inenting van aangrensende gebiede en die beheer van veebeweging. Die huidige uitbraak moet ook dien as 'n waarskuwing dat Slenkdalkoors gerus maar in die inentingsprogramme van skape en beeste ingesluit behoort te word.


6. SLENKDALKOORS IN DIE NUUS

Die naaste uitbraak huidiglik (14 April 2010) aan Rustenburg is ongeveer 5 km suid van Zeerust met koŲrdinate 26 05 00 E 25 38 00 S. Die siekte is bevestig in 'n koei wat dood is daaraan.


7. NUTTIGE SKAKELS