Hoofblad | English | Artikels | Die veeartse | Skakels | Kontak ons

Knopvelsiekte


Dr W J Grobler BVSc


  1. INLEIDING
  2. OORSAAK
  3. SIMPTOME
  4. BEHANDELING
  5. VOORKOMING

1. INLEIDING

Gedurende die jaar 2000 het Knopvelsiekte ongekende afmetings aangeneem. Die siekte het feitlik die hele jaar deur en selfs in die winter honderde diere siek gemaak en heelwat vrektes het ook voorgekom. Die siekte kom ongeveer elke drie jaar in uitbrake voor, veral na goeie rens en wanneer daar weer groot getalle vatbare jong diere is.


2. OORSAAK

Die oorsaak van Knopvelsiekte is n virus wat deur bytende insekte soos steekvlie aan vatbare beeste oorgedra word. Die virus kan ook deur n besmette naald oorgedra word en die moontlikheid bestaan dat kalwers in die baarmoeder reeds kan aansteek. Dit is ook bewys dat diere kan aansteek deur die speeksel van siek diere wat drinkwater besmet.


3. SIMPTOME

Die siekte kom hoofsaaklik in die laat somer voor (Feb tot April), maar in goeie jare kan dit oor n langer periode voorkom (soos in 2000). Na n kort broeiperiode van ongeveer 7 10 dae wys aangetaste diere n neusuitloopsel, speekselvloei en geringe mankheid. Soms kom swelling van die voorbene ook voor. Na nog n week begin knoppe van tussen 1 en 4 cm op enige plek op die lyf uitslaan (Fig 1). Sommige diere het slegs een of twee knoppe terwyl die knoppe in ander diere die hele lyf oordek, soveel so dat die knoppe feitlik aaneenloop.

Bul met tipiese Knopvelletsels
Knopvelletsels van naderby.  Let op die swelsel van die skede.
  Fig 1. n Bul met tipiese knopvelletsels.  Fig 2. Die letsels van nader beskou.
  Let op die swelsel van die skede.

Na n verdere tydperk verdwyn die knoppe mettertyd, of die vel mag doodgaan en in n ronde gebied losgaan. Hierdie dooie stukkies vel sit vir n geruime tyd nog aan die onderliggende dele vas en val na n week of twee af om dieperige sere te laat wat met tyd genees.

Hierdie knoppe kan ook in die lugpyp (Fig 3), in die dermkanaal en selfs in die uier ontstaan. Dit is veral knoppe in die lugpyp wat baie ernstig is, aangesien die swelsel so erg kan wees dat die lugpyp toedruk en die dier versmoor. Dit kan ook gebeur dat bindweefsel vorm na n paar weke in die lugpyp as die letsels begin genees en sodanige diere dan eers asemnood ontwikkel (Fig 4). Letsels in die uier kan n ernstige val in melkproduksie teweegbring en in uiterste gevalle permanente skade aanrig.


Knopvelletsel in die lugpyp.

Fig 3: Knopvelletsels in die lugpyp.



Vernouing in die lugpyp na genesing van knopvelletsels.

Fig 4: Vernouing in die lugpyp na die genesing van ernstige knopvelletsels.

n Ander ernstige komplikasie is ontsteking en swelling van die testes en skrotum. Bulle wat siek was van knopvelsiekte sal tydelik steriel wees van die koorsreaksie, maar in sommige gevalle kan die steriliteit permanent wees. Enige bul wat herstel het van knopvelsiekte behoort na ongeveer 8 tot 12 weke getoets te word om vas te stel of hy wel nog vrugbaar is.

NB:Let net op dat daar n ander siekte van beeste is wat baie soos Knopvelsiekte mag lyk. Dit word veroorsaak deur n Herpesvirus, maar diere kom glad nie siek voor nie en die knoppe is heelwat kleiner en platter. Gewoonlik verdwyn die knoppe na n redelike kort periode.


4. BEHANDELING

Daar ons hier met n virussiekte te doen het, is daar geen spesifieke behandeling nie. Tydens die aanvanklike siekteperiode kan langwerkende antibiotika help om sekondre infeksie te voorkom. Diere wat traag is en nie wil vreet nie sal baat by anti-inflammatoriese middels en vitamiene B-kompleks om eetlus te stimuleer. Soos met enige siek bees die geval moet die grootpens dopgehou word en indien dit gaan staan, middels toegedien word om dit weer aan die gang te kry (bv. bruinsuiker/gis/asyn).

As die vel begin afsterf, moet gewaak word teen maaierbesmetting, hoewel die dooie stukkies vel gewoonlik droog is en nie juis vlie lok nie. n Gewone wondarosol is voldoende om voornemende maaiers te ontmoedig.


5. VOORKOMING

Tot sowat 1996 het n enkele inenting teen knopvelsiekte diere lewenslank beskerm. Die situasie het egter verander sodat jaarlikse inenting nou aanbeveel word en daar selfs dan nog gevalle onder ingente diere voorkom. Kalwers van koeie wat voorheen gent is, moet eers op ses maande oud gent word en daarna jaarliks, verkieslik in die voorsomer.

Vliegbeheer is ook belangrik om die getalle insekte te verminder. Vliegwerende dipstowwe kan tot n mate help om oordrag van die virus te beperk.


Erkenning vir foto's:

- Dr G Gaigher
- Bristol Biomed Image Archive University of Bristol 2000