Algemeen | English | Artikels | Dienste | Die veeartse | Skakels | Kontak ons

Dr Gaigher tree af

Na vier-en-veertig jaar het Dr Gerald Gaigher van Rustenburg besluit om dinge bietjie rustiger te vat. Tydens n geleentheid waar sy personeellede totsiens ges het, het hy vertel van die goeie ou dae. Dr Gaigher is in Zeerust gebore en het na sy studies vir twee jaar in Vryburg as staatsveearts gewerk. In 1971 het hy by Dr James Marais se veeartspraktyk, destyds nog in Maraisstraat, aangesluit.

'n Collage van foto's wat oor sestig jaar strek uit Dr Gaigher se lewe.

Dr Marais is na die VSA kort daarna en Dr Gaigher het toe twee erwe in Klopperstraat aangekoop en n kliniek gebou. Kort daarna het Dr Ferdi Ipland, ook n bekende in Rustenburg, by hom aangesluit. Oor die jare het verskeie veeartse gekom en gegaan waarvan twee, by name Dr Ipland en Dr Johan Fourie al oorlede is.

Ek is seker daar is min boere en troeteldiereienaars in die Rustenburgdistrik wat nog nie van Dr Gaigher gehoor het nie. Oor die afgelope meer as veertig jaar het derduisende troeteldiere asook klein- en grootvee onder sy bekwame vingers beland en menige van hulle sou kon getuig van die sorg waarmee hy hulle behandel het.

Dr Gaigher vertel oor die goeie ou dae en hoe hy die kliniek se toekoms sien.

Dit is met n traan in die oog en gemengde gevoelens wat ons totsiens s, maar ons besef daar kom in elkeen se lewe n tyd om van werk te vergeet en die lewe behoorlik te geniet. Nou is daar baie meer tyd om by die kinders en kleinkinders te gaan kuier. Ons hoop egter dat Dr Gaigher tog nou en dan sal inloer en selfs vir n dag of twee kom kyk of sy hand nog in is. Hy het belowe dat hy af en toe vir ons sal kom lokumwerk doen. Geniet jou aftrede!