Hoofblad | English | Artikels | Die veeartse | Skakels | Kontak ons

Beesvirusdiarree en mukosasiekte

Dr G Gaigher BVSc


  1. INLEIDING
  2. OORSAAK
  3. SIMPTOME
  4. BEHEER

1. INLEIDING

Die virus van beesvirusdiarree (BVD) kom volgens onlangse opnames wydverspreid in Suid-Afrika onder beeste voor, maar veroorsaak slegs sporadies probleme. Dit word oorgedra deur neusafskeidings, speeksel, mis, uriene en bloed of deur kontak met besmette voorwerpe. Dit dring deur die neus of die mond die liggaam binne en vermenigvuldig in die dier se liggaam..


2. OORSAAK

Daar is twee tipes virus wat voorkom :

  1. Die sitopatogeniese virus wat aborsies, resorpsies of fetusmisvorming by dragtige beeste veroorsaak.
  2. Die nie-sitopatogeniese virus wat veroorsaak dat koeie wat in die eerste derde van dragtigheid besmet word, geboorte gee aan kalwers met blywende infeksies (Eng: "persistently infected" of PI ).

Hierdie diere tree as bron van die virus in die kudde op. Indien hierdie kalwers later aan die sitopatogeniese virus blootgestel word, sal 'n sindroom genoem mukosasiekte (Eng: "mucosal disease" of MD) gepresipiteer word. Beeste wat deur MD geaffekteer word sal 'n verlies aan eetlus toon en sal sere in die bek en buikloop ontwikkel. Die BVD-virus kan ook met ander virusse en Mannheimia (Pasteurella) haemolytica bydra tot die ontwikkeling van respiratoriese siekte in beeste in voerkrale.


3. SIMPTOME

Die mees algemene simptome is :

1. Reproduksie.
Die simptome wissel van embrionale verlies tot aborsie of die geboorte van 'n swak kalf. Kalwers kan gebore word met 'n onderontwikkelde kleinbrein (serebellum) wat gebrek aan koŲrdinasie tot gevolg het (Fig. 1 en 2).
2. Swak kalf sindroom.
Hulle is gewoonlik kroniese draers, groei nie goed nie en vrek maklik van longontsteking of diarree.
3. Akute BVD.
Dit vind plaas in kuddes wat nog nooit aan die siekte blootgestel was nie. Simptome is koors, neusuitloopsel, afname in melkproduksie en diarree. Alhoewel baie diere aangetas word, is daar min vrektes.† Sien Fig. 3.
4. Respiratoriese siekte.
As gevolg van immuunonderdrukking word diere meer vatbaar vir longontsteking van oorsake anders as BVD.
5. Mukosasiekte.
Dit is 'n dodelike siekte aangetref in jong diere en word gekenmerk deur erge bloederige diarree asook erosie en ulserasie van die slymvliese van die spysverteringstelsel. Mukosasiekte ontstaan wanneer 'n chroniese draer, besmet met die nie-sitopatogeniese virus, wel infeksie van die sitopatogeniese virus opdoen.
Kalf met gebrekkige koŲrdinasie

Fig. 1: Jong kalf met onderontwikkelde kleinbrein. Let op hoe wyd die kalf se pote geplant is om balans te probeer behou.


Onderontwikkelde kleinbrein

Fig. 2: Erge onderontwikkelde kleinbrein in 'n kalf wat voor geboorte besmet is met die BVD-virus. Die kleinbrein is gewoonlik 3 tot 4 keer groter as in diť geval.


Ulkus in bek van bees

Fig. 3: 'n Groot seer op die bekslymvlies van 'n bees veroorsaak deur besmetting met BVD.


4. BEHEER

Daar is twee benaderings nl:

1. BVD-vry kudde

Om dit te bereik en te handhaaf moet die kudde getoets word en enige dier met blywende infeksies verwyder word. Daarna moet slegs beeste wat skoon toets in die kudde ingebring word. Onthou dat bulle BVD deur middel van semen kan oordra en dus spesiale aandag gegee moet word dat koeie van rondloperbulle weggehou word. Aangesien nog geen kuddes in Suid-Afrika heeltemal skoon getoets het nie, is hierdie slegs 'n teoretiese oplossing.

2. Enting vir BVD-beheer

Enting met die dooie entstof kan aangewend word om aborsies en fetale misvormings te verhoed. Dit moet vroeg in dragtigheid gegee word om blootstelling aan die virus te verhoed. Jong kalwers word dan ongeveer twee weke na speen ingeŽnt met die lewende entstof en weer na vier weke.


TIPES ENTSTOWWE

Die lewende entstof

Dit kan gebruik word vir diere waarmee nie geteel word soos voerkraalbeeste. Die lewende entstof moet nie vir dragtige diere of vir kalwers wat nog soog gebruik word nie. Die BVD-virus in die lewende entstof word gewoonlik gekombineer met ander virusse, soos aansteeklike beesrinotrageitis (IBR), parainfluenza 3 (PI3) en respiratoriese sinsitiale virus (BRSV) om respiratoriese siektes wat deur hierdie virusse veroorsaak word te verhoed. Die primÍre inenting word toegedien met die tweede dosis 4 weke later.

Die volgende kommersiŽle entstowwe bevat lewende BVD-virus:

Die dooie of geÔnaktiveerde entstof

Hierdie entstof kan vir alle beeste, dragtiges ingesluit, gegee word. Kalwers van geŽnte koeie sal passiewe immuniteit besit, en dus behoort hulle eers op ses maande ouderdom die enting te kry.Indien kalwers voor ses maande geŽnt word, moet hulle weer op ses maande geŽnt word. Die nadeel van die dooie entstof is dat dit jaarliks herhaal moet word.

Die volgende kommersiŽle entstowwe bevat geÔnaktiveerde BVD-virus:


In die praktyk kan vervangingsverse ingeŽnt word met die lewendige entstof op 8 maande en 'n skraagdosis een maand later. Hierna behoort sy hopelik lewenslank immuun te wees. Koeie kan Úf jaarliks met die dooie entstof geŽnt word Úf met die lewendige entstof in die periode tussen kalwing en voor sy weer bul toe gaan. Hier behoort twee entings 'n jaar uitmekaar met die lewende entstof ook 'n lewenslange immuniteit te gee.


TEN SLOTTE

Neem kennis dat BVD wel in die Rustenburgomgewing voorkom en dit u die moeite sal loon om voorsorg daarteen te tref. Onthou egter dat daar baie ander siektes is wat soortgelyke simptome kan gee, dus is dit raadsaam om met 'n veearts te skakel as u sulke simptome opmerk.


Erkenning vir foto's:
Figg. 1 en 2: Bristol Biomedical Image Archive © 1999 Universiteit van Bristol
Fig. 3: Compendium on Continued Education for the Practicing Veterinarian Feb 1997