Hoofblad | English | Artikels | Die veeartse | Skakels | Kontak ons

Die gebruik van ongesteriliseerde hoendermis


Dr G Gaigher BVSc


INLEIDING


Die gebruik van ongesteriliseerde hoendermis in voerrantsoene in beeste word nie aanbeveel nie, maar aangesien so baie boere dit gebruik word riglyne hier voorsien. Boere moet egter besef dat dit op hulle eie risiko gebruik word.


SAMESTELLING

Die samestelling kan baie varieer en word onder andere be´nvloed deur:

  1. Verwydering van dooie kuikens.
  2. Die hoeveelheid en tipe rantsoen gebruik.
  3. Die tipe groeistimulant wat gebruik is in die kuikenrantsoen en die vlak waarteen dit gevoer is.

'n Tipiese ontleding van hoendermis (braaikuikenmis) wat 20% vog bevat is soos volg :

Hierdie ontleding is slegs 'n riglyn en u word aangeraai om u voerkonsultant te raadpleeg wanneer 'n rantsoen saamgestel word wat hoendermis bevat.


INNAME

Braaikuikenmis word gewoonlik gevoer as 'n lek in die wintermaande wanneer die prote´engehalte van die natuurlike veld te laag is. Soms word sout bygevoeg om die inname te verminder. Die energiewaarde van hoendermis is gewoonlik beter as die van swak kwaliteit hooi. Dit word aanbeveel dat die inname nie meer as 1,2 kg per dag moet wees nie. Groter innames ( veral groter as 3kg per dag ) kan lei tot lewerskade en verswakte groei en produksie van die dier. Waar hoendermis alleen aan diere gevoer is oor 'n periode van 'n paar maande was die insidens van vrekte agv lewerskade so hoog as 20 %.


PROBLEME

Probleme ondervind met die gebruik van hoendermis :

  1. Lamsiekte. Maak seker dat jong diere op 5-6 maande ingespuit word teen lamsiekte en herhaal na 4-6 weke. Daarna moet die dier jaarliks 'n versterkingsinspuiting kry. Indien u diere inkoop maak seker dat hulle tenminste twee maal ingespuit is met die tweede inspuiting drie weke voor die diere hoendermis gevoer word.
  2. Degenerasie van die lewer. Veral innames van groter as 3 kg per dag kan lei tot lewerskade en verminderde produksie van die dier en selfs vrektes. Probeer dus om die inname te beperk en hier is die voorsiening van genoeg kripspasie van groot belang sodat die sterker diere nie kan oorvreet nie. Onthou daar moet altyd genoeg veld of hooi beskikbaar wees en dat hoendermis dit nie kan vervang nie.
  3. Mikro÷rganismes. Ongesteriliseerde mis mag skadelike bakteriŰ en swamme bevat wat kan lei tot aborsies of dermkanaalprobleme.
  4. Kopervergiftiging in skape mag voorkom as hulle groot hoeveelhede gevoer word, want koper word soms gebruik as groeistimulant in hoenderrantsoene.
  5. Melkkoors. Omdat mis hoog is in Kalsium mag dit lei tot verhoogde insidens van melkkoors veral as dit in die laaste drie weke voor kalwing gevoer word aan melkkoeie.

  6. Ionofoorvergiftiging. Die ionofoor wat die aktiewe bestanddeel maduramycin bevat is gevaarlik vir beeste aangesien dit die hartspier aantas en kan lei tot skielike vrekte. Die ionofoor word in die hoenderrantsoen gebruik om beter groei te bewerkstellig.

Uit die voorafgaande kan u sien dat die gebruik van hoendermis wat nie gesteriliseer is nie groot gevare kan inhou en boere dus moet onthou dat hulle dit op eie risiko gebruik.

Erkenning: Cedara verslag, Kwazulu-Natal Dept Landbou

Indien u meer inligting verlang, kontak gerus u naaste grootdierveearts.